Thursday, June 25, 2015

Nuwe hoop vir hulp aan klein besigheid


Regering stel nuwe Departement bekend

Om ‘n klein besigheid te begin is nie maklik nie, dit is nog moeiliker om so ‘n besigheid aan die gang te hou in ‘n onstabiele ekonomiese klimaat. Baie besighede begin met baie lof en oortuiging, maar val plat weens ‘n tekort aan die nodige kennis en hulpbronne.
“Kyk, luister en leer. Jy kan nie alles weet nie. Enigiemand wat dink hy is alwetend is bestem vir  middelmatigheid.” - Donald Trump, voorsitter van The Trump Organization, the Trump Plaza Associates, LLC.
Omdat die Regering besef het dat Kleinbesighede baie hulp, raad en leiding nodig het, is daar besluit om ‘n nuwe departement te open wat spesifiek aan die behoeftes van klein besighede gaan aandag skenk.
Die Departement van Kleinbesigheidsontwikkeling is gevolglik tydens ‘n ekonomiese beraad vir kleinbesigheidseienaars in Bergsig bekendgestel aan die Namakwa Distrik. Die doel van die beraad was om klein besighede in te lig rondom die nuwe Departement asook om na hulle behoeftes te luister. Daar is ook gefokus op die rol wat klein besighede kan speel om meer werksgeleenthede in hul gemeenskappe te skep.
“Die regering moet kyk na plekke waar werk geskep kan word en klein besighede is een van die plekke waar dit kan gebeur.” MEC John Blok
Verteenwoordigers van besighede in Namakwa Distrik het die geleentheid gekry om probleme wat hulle met die implementering, bestuur en administrasie van hul besighede ondervind op die tafel te sit. Die kwessies gaan nou aan die provinsiële regering voorgedra word, wat dit dan weer na die nasionale regering gaan neem.
Een van die doelstellings van die Departement is om beter dienste vir almal te bring. Baie van Namakwalandse besighede moet ver reis om tot by o.a SEDA, SARS en markte vir hul produkte te kom. Een van die programme waaraan die Departement tans werk is om SEDA meer toeganklik te maak vir entrepreneurs. Tans het SEDA slegs 5 takke in die Noord-Kaap en entrepreneurs moet ver reis om inligting by SEDA te kan bekom. Die Departement beplan om die verspreidingspunte van SEDA uit te brei deur studente as SEDA verteenwoordiger by elke munisipale punt te plaas,om dit makliker maak vir entrepreneurs om essensiële inligting te bekom.
‘n Probleem wat ek glo alle kleinbesighede op een of ander stadium ervaar is befondsing, dit gaan ook aangespreek word. Deur ‘n fonds beskikbaar te stel aan besighede wat voldoen aan sekere vereistes, maar meer inligting oor die fonds sal later deurgegee word. ‘n Belangrike faktor wat hulle bespreek het is die mentorprogram wat in die pyplyn is. Deur ‘n entrepreneur bloot te stel aan ‘n mentor, wat reeds deur al die prosesse is en hom al die ‘tricks of the trade’ te leer is ‘n waardevolle program wat die Departement beoog.
Daar word ook beoog om klein en mikro besighede te nomineer vir 1½ - 3 jaar se finansiële ondersteuning. Blootstelling aan internasionale markte indien die plaaslike markte al reeds versadig is gaan ook een van die objektiewe van die Departement wees. Laatens gaan hulle ook probeer om assistering te gee om die administratiewe rompslomp(red-tape) te verminder.

Baie kan vermag word as mense saamwerk so met die hulp van die regering kan die klein besighede in Namakwaland net nuwe hoogtes bereik.

WĔRELD VLEILANDE DAG


Vleilande vir ons toekoms

Ons is hierdie pragtige en ryk omgewing gegee sodat ons dit kan bewoon en oppas en die nodige respek daarvoor toon. Meeste van ons besef egter nie die waarde van ons Natuurlike hulpbronne nie daarom het die Verenigde Nasies dit op hulle geneem om dae uiteen te sit waarin ons die wondere wat ons ontvang het vier. Die dae dien ook as opvoedingsdae want dit gee ons die geleentheid om mekaar in te lig en op te voed rakende die waarde van ons Natuurlike hulpbronne.
 Wêreld Vleilande Dag was vanjaar  regoor die wêreld op 2 Februarie gevier, selfs hier in Namakwaland het ons die dag gevier( sien berig oor Kamiesberg se vieringe elders in Veepos).
Vanjaar se tema vir die herdenking van Wêreld Vleilandedag is "vleilande vir ons toekoms". Die tema is gekies om die jeug te mobiliseer om betrokke te raak by kwessies rakende vleilande en die probleme wat dit in die gesig staar asook om met idees vorendag te kom om dit in die toekoms te bestuur en volhoubaar te benut.
Werk vir Vleilande is nasionaal reeds besig om meer jeugdiges te betrek deurdat hulle projek vereis dat daar ten minste 20% jeugdiges aangestel moet word vir restorasie van vleilande. In Namakwaland het ons ook ‘n verskeidenheid jeugdiges wat werk aan vleilande. Voorbeelde is Darrel Links wat tans in Leliefontein die kontrakteur is vir ‘n groep vleilandmoniteerders waarvan meer as 50% van die span uit jeugdiges bestaan. In Steinkopf  restoreer die  NRM-groep   die vleilande  waarvan meer as 60% van die span jeugdiges is.
Vleilande is een van die mees diverse en produktiewe ekosisteme wat ons het. Hulle bied belangrike dienste vir ons en voorsien varswater aan ‘n waterarm  land. Die probleem is egter dat die meeste vleilande erg vervalle is of verander is om ander werk te verrig. Van die bedreigings wat vleilande in die gesig staar, is onder meer toenemende besoedeling, swak afvalbestuur en die gebruik van bemesting en insekte- en plantdoders wat veral in landbou gebruik word.
Hierbenewens word vleil­ande as gevolg van bevolkingsgroei oorbenut vir die vis, riete en bome wat daar voorkom. Die groter aanvraag na water kan voorts tot ooronttrekking lei. Aanslikking vanweë gronderosie wat deur ontbossing, oorbeweiding en ander onbehoorlike grondbenutting te weeg gebring word, dra ook by tot die bedreiging vir vleilande. Uitheemse plantspesies en die fisiese verandering van vleilande vir landbou en dorpsontwikkeling is ook bydraende faktore.
Indien vleilande nie goed bestuur word nie sal die gehalte van die water verswak, meer intense vloede sal meer gereeld stroomaf  voorkom, droë seisoene kan langer  word en watervoorsiening meer wisselvallig maak,  landbouproduktiwiteit kan verlaag, en plant- en diersoorte sal toenemend bedreig word. Om dit te voorkom, moet grond- en watergebruikers sorg dat vleilande behoue bly. Die verwaarlosing van die verlede moet in die vleiland self, maar ook in die groter opvangsgebied, aangespreek word. Vleilande kan nie praat om te waarsku as daar ’n probleem is nie. Dus moet ons oplet na die tekens wat aandui dat dit wel die geval is en stappe neem om dit reg te maak – terwyl ons nog kan! Daar is baie eenvoudige maniere om vleilande te beskerm , een van die eenvoudige maniere is om vee uit vleilande te hou tydens sekere seisoene, om nie fisiese skade aan die vleiland te verrig nie en ook om nie die vleilande te besoedel nie.
Die bewaring van vleilande beteken nie dat ons glad nie vleilande kan benut nie. Dit beteken wel dat ons hulle op ’n sinvolle en volhoubare wyse moet benut en dat ons ons impak op die vleiland moet bestuur. Die impak van ons aktiwiteite word bepaal deur die manier waarop en die mate waartoe ons ’n vleiland gebruik. Dit is egter nie net ons aktiwiteite in die vleiland wat skade kan verrig nie, maar ook die dinge wat ons naby die vleiland of elders in n opvangsgebied  stroomop  doen.

Die beginpunt is egter dat ons moet besef dat vleilande waardevol is vir ons en dat ons ons kinders moet opvoed om dit te beskerm en herstel.

Onwettige handel in plant en dierspesies bedreig ons biodiversiteit

Stropers ‘n groot gevaar vir ons ekosisteem

Stropers is stadig maar seker besig om ons natuurlike erfenis stukkie vir stukkie te vernietig, een spesie op ‘n slag. Dit is nou van renosters in die Krugerwildtuin, geitjies in die Noord-Kaap, bome in Mosambiek, perlemoen aan die Kaapse kus tot selfs broodbome in ­Kirstenbosch, een van die wêreld se voorste botaniese tuine. Daar word nie net onwettig handel gedryf nie, maar die ekosisteme word vernietig.
 Daar word beraam dat ongeveer 350 miljoen diere en plante per jaar verkoop word, waarvan 25% van die verkope onwettig plaasvind. ’n Simpel rede vir die styging in stropery is te danke aan die toename om wilde diere aan te hou as troeteldiere,tradisionele medisinale redes of mites.  Die Smaug giganteus (Sonkyker akkedis) is ‘n goeie voorbeeld van ‘n dier wat aangehou word vir ‘n witpoeier afskeiding  by sy stert wat vir tradisionele medisyne gebruik word.  Die sonkyker word teen hoё pryse en soms sonder permitte uitgevoer na lande soos VSA, Europa en Japan.
Renosterhoring, ivoor en tier produkte word baie hoog geag en beding hoë pryse op die internasionale markte veral in Asië. In Vietnam, het die nuutste mite dat renosterhoring kanker kan genees gelei tot massiewe stropery in Suid-Afrika en die prys van renosterhoring so opgestoot dat dit kon meeding met goud. Gedurende 2014, is in Suid-Afrika alleen ‘n verstommende 1215 renosters deur stropers doodgemaak, dit is een elke agt uur. Maar hoewel renosters bykans al die media-aandag kry, is hulle verreweg nie die enigste teiken nie.
Regoor Suid Afrika word ons inheemse plante en diere deur handelaars uit die ekosisteem verwyder sonder om te dink aan die implikasies wat dit op ons ekosisteme gaan hê. Die ergste is egter dat hulle die ekosisteem so seermaak dat dit nie maklik is vir die ekosisteem om weer te herstel nie.
Reptiele, wild, insekte asook vetplante word in die veld versamel en dan op nasionale en internasionale markte verkoop. Suid-Afrika verloor byna daagliks gordelakkedisse, verskeie spesies slange soos horing- en dwergadders, vinkies en papegaaie, skilpaaie van die Weskus, veral die ploegskaarskilpadjie en verskeie spesies vetplante uit Namakwaland.
Namakwaland is bekend vir sy vetplante en groot verskeidenheid reptiele. Omdat sekere spesies skaars is en beperkte verspreidingsgebiede het, is dit baie gesog onder versamelaars.  Plante soos boegoes en kokerbome word ook gereeld uit hul natuurlike habitatte gehaal.
In geldwaarde is dit veilig om te sê dat omgewingsmisdaad die tweede grootste onwettige bedryf in die wereld is, naas dwelmhandel natuurlik. Kenners by TRAFFIC, wildlife trade monitoring network, beraam dat die bedryf honderde miljoene amerikaanse dollars beloop.

Die onwettige handel is die grootste direkte bedreiging vir die toekoms van baie van die wêreld se mees bedreigde spesies. Daarom is daar verskeie organisasies wat dit hul misie maak om die handel in plant en diere te beheer. CITES (Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) is ‘n internasionale ooreenkoms tussen verskeie regerings wat poog om die bose kringloop van handel in ons spesies te probeer hokslaan.  Suid Afrika onderskryf CITES en daarom is dit onwettig om met bedreigde diere en plantspesies  handel te dryf
Niemand mag sonder 'n geldige permit plante versamel nie. Die enigste mense wat sonder 'n permit plante op hul grond mag versamel, is die grondeienaar, sy of haar familie en enige voltydse werknemer met die nodige toestemming. In die geval van diere mag hulle nie gevang en aangehou word in hokke of verkoop word as die nodige permit van die natuurbewaringsdiens nie verkry is nie. 
Sou enigiemand hulle skuldig maak aan die onwettige handel van diere of plante sal hy/sy gearesteer word. In terme van die verskillende provinsiale wette word die handel in plante en diere as ‘n misdaad geag en kan vervolg word deur die provinsiale owerhede. Indien skuldig bevind kan jy met 'n boete of tronkstraf of beide gestraf word.

Een van die beste maniere om onwettige handel aan te spreek is om die verbruikers te oorreed om ingeligte keuses te maak. Om die mark vir die spesies te elimineer en om die volhoubare gebruik van hulpbronne die enigste opsie vir verbruikers te maak.

WĔRELD WATERDAG


Water en Volhoubare Ontwikkeling.

Klimaatsverandering bedreig al ons natuurlike hulpbronne maar watertekort is die  #1 wêreldwye grootste bedreiging op die mens. Verder kan water tekorte heel waarskynlik elke 10 de jaar die mens se bestaan omver gooi, so waarsku die  Wêreld Ekonomiese Forum.  In lig van die bedreiginge is daar ‘n oproep op  22 Maart, Wêreld Waterdag,  van Ban Ki-moon, Sekretaris Generaal van Verenigde Nasies  vir “ ‘n gees van samewerking” om die vele water verwante uitdagings wat die mens in die gesig staar aan te spreek. Vanjaar is veilige drinkwater en sanitasie die mees belangrike waterkwessies wat aangespreek moet word. Hoe dan anders as 750 miljoen mense of dan nou 1 uit elke 10 mense  in die wêreld geen toegang tot gesonde water het nie.  
 Met die toename in klimaatsverandering en die groeiende aanvraag na  nie-hernubare waterbronne vir landbou, industriё, stede en groeiende bevolking word die waterkrisis verhoog en vereis dit kruis sektorale en holistiese beplanning en beleide sé die sekretaris generaal.  Maar dit is veral plattelandse gebiede wat die meeste hieronder lei. Kinders en vrouens word die meeste affekteer want dit is die persone wat water daagliks moet kollekteer vir huishoudelike gebruik.  Wat nog meer skrikwekkend is,is dat 2.5 biljoen mense nog sonder ordentlike sanitasie klaarkom.En wat sou sê u as u hoor dat 1 biljoen mense nog die “ope toilet gebruik.” Hoeveel van u kan nog die pitstelsel of Hessie Lorrie wat toilette kom skoonmaak het onthou. Is u dalk van die gelukkiges vandag wat met die druk van ‘n knoppie en die spuit van water u toilet kan spoel.
Vir ons as Namakwalanders is waterontbrekings nie ‘n nuutjie nie, en is ons  al te gewoont daaraan om sekere tye sonder water te wees. Namakwalanders se waterprobleem dateer sover terug to 2006, en tot op hede sit ons nog met wateronderbrekings. Sommige inwoners moes al watertenke in hulle erwe oprig vir water vir huishoudelike gebruik. Verder word die ekonomie ook negatief aangeraak deur watertekorte. Talle gastehuise en besighede moes al kliënte wegwys omdat hulle nie water het nie.
Die grootste oorsaak van die wateronderbrekings is swak infrastruktuur, met die regte infrastruktuur en die regte beplanning, kan munisipaliteite droogtes  suksesvol bestuur sodat niemand nodig  het om sonder water te wees nie.
As ons kyk in die Kamiesberg is die kunsmatige aanvulling van die grondwater terrein by Tweerivier een van die oudste in Suid-Afrika, klein skaal, maar doeltreffende en maklik om te handhaaf. Tog het dit gefaal. So ook die omgekeerde osmose-aanleg by Soebatsfontein. Dit kon help om die hoeveelheid water te vermeerder. Hierdie gebied het die hoogste digtheid van omgekeerde osmose aanlegte in die land- wat baie duur is om op te rig maar daar is geen lang-termyn instandhouding plan in plek nie.
In die Nama Khoi munisipale area is daar onlangs begin werk om die pyplyn wat water van die Oranje rivier tot Henkries gelei te herstel. ‘n Pyplyn wie se lewensduur al in 1993 om was. Die idees is daar, die moontlikhede is daar maar die implementasie proses en agente word nie goed uitgewerk nie. Alhoewel dit die munisipaliteite se werk is om seker te maak dat die infrastrukture goed na gekyk word is dit ook ons as belastingbetalers se werk om hulle op hul verantwoordelikheid te hou.
As ons kyk na die gehalte van ons water, waarna verwys word as die bloudruppelstatus, sal ons sien hoeveel Namakwaland se watergehalte verswak het. Nama Khoi munisipaliteit se bloudruppelstatus het vanaf 70% in 2009 tot 25% in 2010 gedaal. Terwyl die Kamiesberg munisipaliteit se status vanaf 83% in 2009 tot slegs 5.4% in 2011 geval het. Skrikwekkend
 ‘n Tekort aan goeie gehalte water stel mense se gesondheid in gevaar en het 'n negatiewe impak op mense se lewensbestaan. Ons as gemeenskap moet saamstaan en saamwerk om die probleem aan te pak en te verseker dat ons genoeg water het om te oorleef. Deur spaarsamig water te gebruik en te verseker dat ons infrastruktuur reg is kan ons die probleme verminder.

Laat ons die Wêreld Water Dag gebruik om ons kinders, ons kollegas en ons bure in te lig oor die waterkwessies en mekaar motiveer en inspireer  om ‘n meer water vriendelike lewe te lei.

WHAT MAKES A GOOD BLOG??

What Makes A Good Blog?
According to About.com (1) the five tips to write a blog is:
·         Choose the Appropriate Tone for Your Blog.
·         Be Honest
·         Don't Just List Links
·         Provide Attribution
·         Write in Short Paragraphs.
I think that those five things are the foundation to making a good blog. By following those steps you will achieve a blog with the attitude that will keep people coming to your blog and wanting more.
By my own ideas a good blog post would be something that speaks to me and something I can relate to or even something that would be useful for me in my life. And how to make a great blog post would be when you put feeling into your words and your whole attitude jumps off the screen towards the reader and draws them in. That’s the thing with words they can make magic when used in the right way and I think that that is the key to great blogging.
Your style and the look of your blog also has a huge influence on the readers of your blog and the way they see the blog posts. For example if you have say a background that is very depressing and dull and you write a cheerful post the readers will think that you are being sarcastic and even think that you have  a bad sense of humour. So for a good post your whole blog should portray what the message is you want to carry across to your readers.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) the Elements needed for a good blog is:
·         Linking
·         Reporting.
·         Writing.
·         Length
·         Headlines
·         Regular updates
·         Interact and
·         Passion.
The moment you know how to use these elements correctly than your blog is on its way to becoming a great one.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) “students should blog because it allows you to practice your writing and your multimedia skills.  And, like anything, the more you practice, the better you get.  In the process, you are creating a body of work that you can show those looking to hire you for an internship or a job.  Remember, your blog is part of your digital footprint.”
Blogging can be seen as an important part of journalism today not just as previously mentioned fact that it helps you practice but because it is a fun and new way of bringing the news across to the readers. What’s more is that blogging widens the audience that gets the news and a lot of them would not have received the news if it was in another means of media.
According to my opinion I think that blogging and journalism go hand in hand because no matter what you blog about you inform, empower, educate or just entertain your readers which I think is the main goals of journalism.
It is mostly important because it opens the door for a younger audience. The youngsters do not want to read newspapers or watch the news on the television and the news sites are not their favourites but blogging gives a new fresh and funky way of letting the youngsters know what is happening in the world.
I would much rather read someone’s opinion of what is happening in the world on a blog or facebook or twitter than read it in a newspaper because there the journalist gives their own opinion.
It’s like UMass Journalism Professor's Blog said:’ “Journalism has become a profession where, if you want to succeed, you must be “platform-agnostic.”  The medium is no longer the message.  If you’re practicing journalism and using blogs to deliver your journalism then you are a journalist.’
That goes to show that journalism and blogging goes hand in hand and therefor blogging is very important in our world.

Referencing:
1.       5 Tips to Write Blog Posts
How to Write Posts that Get Noticed and Keep Readers Interested
By Susan Gunelius, About.com Guide
.http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsWriteBlogPosts.htm

2.       Top 10 Tips for Beginner Bloggers
The Tips You Need to Successfully Start a Blog
By Susan Gunelius, About.com Guide
http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsBeginnerBloggers.htm

3.       Why Blog? A Guide for Students
Posted on August 15, 2010 by journalismprof
http://umassjournalismprofs.wordpress.com/2010/08/15/why-blog-a-students-guide/

Published June 2015

Sonkrag- ‘n Nuwe era vir die Noord-Kaap
Eerste Termiese kragopwekking plant in Pofadder geopen

Die Noord- Kaap spog met die eerste Termiese elektriese kragopwekkingsplant in kommersiële operasie in Suid Afrika- die KaXu Solar Een. Die KaXu Solar Een is die produk van ‘n openbare en private vennootskap wat help om aan die energiebehoeftes van Suid-Afrika in 'n betroubare en volhoubare manier te voorsien deur die gebruik van innoverende tegnologie.
Abengoa -‘n internasionale maatskappy wat innoverende tegnologie-oplossings vir volhoubaarheid in die energie en die omgewing sektore toepas, in samewerking met’n staatsbeheerde finansiёr- die Industrial Development Corporation (IDC), en die KaXu Gemeenskap Trust het begin met 'n 100 MW sonkrag plant naby Pofadder (Noord Kaap). Die sonkragplant is in staat om tot ongeveer 80 000 huise in Suid Afrika van skoon en volhoubare krag te verskaf.
Na beraming sal die sonkragplant vir ongeveer 30 jaar lank kan opereer. Die sonkragplant gaan gebruik kan word om aan Eskom, Suid Afrika se hoofkragverskaffer, skoon en betroubare energie te verskaf. Die plant kom ook net betyds aangesien Eskom reeds sukkel om aan die land se energie behoefte te voorsien. Tans is daar ‘n 20 jaar ooreenkoms tussen Abengoa en Eskom vir die aankoop van sonkrag energie.
Die sonkragplant werk met ‘n paraboliese trog wat die son se hitte kan gelei sodat dit vir kragopwekking gebruik word. Die trog bestaan uit ’n lang paraboliese spieël met ’n buis soos dié in ’n vakuumfles wat al met die fokuspunt langs oor die volle lengte van die paraboliese spieël loop. Sonlig word deur die spieël weerkaats en op die buis gekonsentreer. ‘n Hittegeleidingsvloeistof, meestal olie, vloei deur die buis, absorbeer die hitte en word dan gebruik om water te verhit tot stoom waarmee elektrisiteit gegenereer word.
Die projek is een van die 28 hernubare energie projekte wat deur Suid Afrika se Departement van Energie aangekondig is in 2011. Suid Afrika het die doel gestel om teen 2030 tot soveel as 17 800 MW hernubare energie te vervaardig om die land se afhanklikheid van olie en natuurlike gas bronne te verminder.
Daar word ook geen besoedelende kweekhuis-gasse in die atmosfeer ingepomp soos byvoorbeeld by steenkool-kragsentrales nie. Daar is geen gevaarlike afvalstowwe waarvoor wegsteekplekke gevind moet word soos deur kernkraginstallasies gedoen moet word nie.
Behalwe die goeie impak wat dit op ons omgewing sal hê, sal dit ook direk en indirek lei tot meer beleggings in Suid Afrika. Daar word beraam dat dit tot 516 miljoen amerikaanse dollars in belasting oor die volgende 20 jaar sal inbring. Die projek het die plaaslike ekonomie gestimuleer en sal nog op die lange duur help om ekonomiese geleenthede te genereer vir mense in hierdie area. Die projek het al reeds meer as 1000 konstruksie werksgeleenthede tydens sy drie jaar konstruksie periode geskep.
Die voordele van sonenergie wat met behulp van spieëls in elektrisiteit omgeskakel word, hoef beswaarlik uitgespel te word. As die installasies eers gevestig is, maak dit elektrisiteit wat absoluut verniet, gratis en pasella opgewek word!
Net so seker as wat die son skyn, so seker kan bewaringsbewustes wees dat die benutting van sonkrag nie die omgewing kan benadeel nie. Die sonlig is immers in elk geval daar. Die enigste verskil is dat dit nou nuttig gebruik word waar dit andersins in die lug en grond verlore sou gegaan het—of deur ’n klompie dorsland-plante ingespan sou gewees het om hul blare groen te kleur!

Hierdie projek sal spore los wat nie net die gemeenskap van Pofadder sal bevoordeel nie, maar die hele Suid Afrika.