Na ‘n lewe gevul met verslawing en depressie het Lizette Janse van Rensburg besluit om die Here die stuur in haar lewe te gee en haar sangtalent te gebruik om sy naam te vereer.
“Ek het tot my eie lewe prober neem, maar genade het vir my ‘n ander betekenis gekry. Die dag toe ek opgee was die dag wat Jesus my nog ‘n kans gegee het.” Sê Janse van Rensburg.
As sieklike dogter het sy van ‘n jonge ouderdom aan depressie gely en aan medikasie verslaaf geraak en die afwaarste spiraal het aangehou tot die ouderdom van 21 en het sy ‘n einde aan haar lewe probeer maak,maar dit was nie die Here se wil nie.
Na haar besluit om haar hart vir die Here te gee het haar geloof haar gehelp om van haar depressie en verslawing ontsla te raak.
Sy het in 1990 haar man ontmoet en ‘n jaar later het hulle in die huwelik getree en uit die huwelik is twee pragtige kinders gebore.
“Tot vandag is ek in verwondering oor die pragtige deel wat God my kom gee het, ek het ‘n awesome man” sê sy
Vanaf 2006 tree sy voltyds op en het sy reeds ‘n CD op die rakke en is sy besig met die opname van haar tweede.
Die 16de September kom tree sy in Vredendal op by die Damesaand van Oase gemeente om 19:00 en CD’s en DVD’s sal te koop wees.
No comments:
Post a Comment