Thursday, June 25, 2015

WĔRELD WATERDAG


Water en Volhoubare Ontwikkeling.

Klimaatsverandering bedreig al ons natuurlike hulpbronne maar watertekort is die  #1 wêreldwye grootste bedreiging op die mens. Verder kan water tekorte heel waarskynlik elke 10 de jaar die mens se bestaan omver gooi, so waarsku die  Wêreld Ekonomiese Forum.  In lig van die bedreiginge is daar ‘n oproep op  22 Maart, Wêreld Waterdag,  van Ban Ki-moon, Sekretaris Generaal van Verenigde Nasies  vir “ ‘n gees van samewerking” om die vele water verwante uitdagings wat die mens in die gesig staar aan te spreek. Vanjaar is veilige drinkwater en sanitasie die mees belangrike waterkwessies wat aangespreek moet word. Hoe dan anders as 750 miljoen mense of dan nou 1 uit elke 10 mense  in die wêreld geen toegang tot gesonde water het nie.  
 Met die toename in klimaatsverandering en die groeiende aanvraag na  nie-hernubare waterbronne vir landbou, industriё, stede en groeiende bevolking word die waterkrisis verhoog en vereis dit kruis sektorale en holistiese beplanning en beleide sé die sekretaris generaal.  Maar dit is veral plattelandse gebiede wat die meeste hieronder lei. Kinders en vrouens word die meeste affekteer want dit is die persone wat water daagliks moet kollekteer vir huishoudelike gebruik.  Wat nog meer skrikwekkend is,is dat 2.5 biljoen mense nog sonder ordentlike sanitasie klaarkom.En wat sou sê u as u hoor dat 1 biljoen mense nog die “ope toilet gebruik.” Hoeveel van u kan nog die pitstelsel of Hessie Lorrie wat toilette kom skoonmaak het onthou. Is u dalk van die gelukkiges vandag wat met die druk van ‘n knoppie en die spuit van water u toilet kan spoel.
Vir ons as Namakwalanders is waterontbrekings nie ‘n nuutjie nie, en is ons  al te gewoont daaraan om sekere tye sonder water te wees. Namakwalanders se waterprobleem dateer sover terug to 2006, en tot op hede sit ons nog met wateronderbrekings. Sommige inwoners moes al watertenke in hulle erwe oprig vir water vir huishoudelike gebruik. Verder word die ekonomie ook negatief aangeraak deur watertekorte. Talle gastehuise en besighede moes al kliënte wegwys omdat hulle nie water het nie.
Die grootste oorsaak van die wateronderbrekings is swak infrastruktuur, met die regte infrastruktuur en die regte beplanning, kan munisipaliteite droogtes  suksesvol bestuur sodat niemand nodig  het om sonder water te wees nie.
As ons kyk in die Kamiesberg is die kunsmatige aanvulling van die grondwater terrein by Tweerivier een van die oudste in Suid-Afrika, klein skaal, maar doeltreffende en maklik om te handhaaf. Tog het dit gefaal. So ook die omgekeerde osmose-aanleg by Soebatsfontein. Dit kon help om die hoeveelheid water te vermeerder. Hierdie gebied het die hoogste digtheid van omgekeerde osmose aanlegte in die land- wat baie duur is om op te rig maar daar is geen lang-termyn instandhouding plan in plek nie.
In die Nama Khoi munisipale area is daar onlangs begin werk om die pyplyn wat water van die Oranje rivier tot Henkries gelei te herstel. ‘n Pyplyn wie se lewensduur al in 1993 om was. Die idees is daar, die moontlikhede is daar maar die implementasie proses en agente word nie goed uitgewerk nie. Alhoewel dit die munisipaliteite se werk is om seker te maak dat die infrastrukture goed na gekyk word is dit ook ons as belastingbetalers se werk om hulle op hul verantwoordelikheid te hou.
As ons kyk na die gehalte van ons water, waarna verwys word as die bloudruppelstatus, sal ons sien hoeveel Namakwaland se watergehalte verswak het. Nama Khoi munisipaliteit se bloudruppelstatus het vanaf 70% in 2009 tot 25% in 2010 gedaal. Terwyl die Kamiesberg munisipaliteit se status vanaf 83% in 2009 tot slegs 5.4% in 2011 geval het. Skrikwekkend
 ‘n Tekort aan goeie gehalte water stel mense se gesondheid in gevaar en het 'n negatiewe impak op mense se lewensbestaan. Ons as gemeenskap moet saamstaan en saamwerk om die probleem aan te pak en te verseker dat ons genoeg water het om te oorleef. Deur spaarsamig water te gebruik en te verseker dat ons infrastruktuur reg is kan ons die probleme verminder.

Laat ons die Wêreld Water Dag gebruik om ons kinders, ons kollegas en ons bure in te lig oor die waterkwessies en mekaar motiveer en inspireer  om ‘n meer water vriendelike lewe te lei.

No comments:

Post a Comment