Thursday, June 25, 2015

Onwettige handel in plant en dierspesies bedreig ons biodiversiteit

Stropers ‘n groot gevaar vir ons ekosisteem

Stropers is stadig maar seker besig om ons natuurlike erfenis stukkie vir stukkie te vernietig, een spesie op ‘n slag. Dit is nou van renosters in die Krugerwildtuin, geitjies in die Noord-Kaap, bome in Mosambiek, perlemoen aan die Kaapse kus tot selfs broodbome in ­Kirstenbosch, een van die wêreld se voorste botaniese tuine. Daar word nie net onwettig handel gedryf nie, maar die ekosisteme word vernietig.
 Daar word beraam dat ongeveer 350 miljoen diere en plante per jaar verkoop word, waarvan 25% van die verkope onwettig plaasvind. ’n Simpel rede vir die styging in stropery is te danke aan die toename om wilde diere aan te hou as troeteldiere,tradisionele medisinale redes of mites.  Die Smaug giganteus (Sonkyker akkedis) is ‘n goeie voorbeeld van ‘n dier wat aangehou word vir ‘n witpoeier afskeiding  by sy stert wat vir tradisionele medisyne gebruik word.  Die sonkyker word teen hoё pryse en soms sonder permitte uitgevoer na lande soos VSA, Europa en Japan.
Renosterhoring, ivoor en tier produkte word baie hoog geag en beding hoë pryse op die internasionale markte veral in Asië. In Vietnam, het die nuutste mite dat renosterhoring kanker kan genees gelei tot massiewe stropery in Suid-Afrika en die prys van renosterhoring so opgestoot dat dit kon meeding met goud. Gedurende 2014, is in Suid-Afrika alleen ‘n verstommende 1215 renosters deur stropers doodgemaak, dit is een elke agt uur. Maar hoewel renosters bykans al die media-aandag kry, is hulle verreweg nie die enigste teiken nie.
Regoor Suid Afrika word ons inheemse plante en diere deur handelaars uit die ekosisteem verwyder sonder om te dink aan die implikasies wat dit op ons ekosisteme gaan hê. Die ergste is egter dat hulle die ekosisteem so seermaak dat dit nie maklik is vir die ekosisteem om weer te herstel nie.
Reptiele, wild, insekte asook vetplante word in die veld versamel en dan op nasionale en internasionale markte verkoop. Suid-Afrika verloor byna daagliks gordelakkedisse, verskeie spesies slange soos horing- en dwergadders, vinkies en papegaaie, skilpaaie van die Weskus, veral die ploegskaarskilpadjie en verskeie spesies vetplante uit Namakwaland.
Namakwaland is bekend vir sy vetplante en groot verskeidenheid reptiele. Omdat sekere spesies skaars is en beperkte verspreidingsgebiede het, is dit baie gesog onder versamelaars.  Plante soos boegoes en kokerbome word ook gereeld uit hul natuurlike habitatte gehaal.
In geldwaarde is dit veilig om te sê dat omgewingsmisdaad die tweede grootste onwettige bedryf in die wereld is, naas dwelmhandel natuurlik. Kenners by TRAFFIC, wildlife trade monitoring network, beraam dat die bedryf honderde miljoene amerikaanse dollars beloop.

Die onwettige handel is die grootste direkte bedreiging vir die toekoms van baie van die wêreld se mees bedreigde spesies. Daarom is daar verskeie organisasies wat dit hul misie maak om die handel in plant en diere te beheer. CITES (Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) is ‘n internasionale ooreenkoms tussen verskeie regerings wat poog om die bose kringloop van handel in ons spesies te probeer hokslaan.  Suid Afrika onderskryf CITES en daarom is dit onwettig om met bedreigde diere en plantspesies  handel te dryf
Niemand mag sonder 'n geldige permit plante versamel nie. Die enigste mense wat sonder 'n permit plante op hul grond mag versamel, is die grondeienaar, sy of haar familie en enige voltydse werknemer met die nodige toestemming. In die geval van diere mag hulle nie gevang en aangehou word in hokke of verkoop word as die nodige permit van die natuurbewaringsdiens nie verkry is nie. 
Sou enigiemand hulle skuldig maak aan die onwettige handel van diere of plante sal hy/sy gearesteer word. In terme van die verskillende provinsiale wette word die handel in plante en diere as ‘n misdaad geag en kan vervolg word deur die provinsiale owerhede. Indien skuldig bevind kan jy met 'n boete of tronkstraf of beide gestraf word.

Een van die beste maniere om onwettige handel aan te spreek is om die verbruikers te oorreed om ingeligte keuses te maak. Om die mark vir die spesies te elimineer en om die volhoubare gebruik van hulpbronne die enigste opsie vir verbruikers te maak.

WĔRELD WATERDAG


Water en Volhoubare Ontwikkeling.

Klimaatsverandering bedreig al ons natuurlike hulpbronne maar watertekort is die  #1 wêreldwye grootste bedreiging op die mens. Verder kan water tekorte heel waarskynlik elke 10 de jaar die mens se bestaan omver gooi, so waarsku die  Wêreld Ekonomiese Forum.  In lig van die bedreiginge is daar ‘n oproep op  22 Maart, Wêreld Waterdag,  van Ban Ki-moon, Sekretaris Generaal van Verenigde Nasies  vir “ ‘n gees van samewerking” om die vele water verwante uitdagings wat die mens in die gesig staar aan te spreek. Vanjaar is veilige drinkwater en sanitasie die mees belangrike waterkwessies wat aangespreek moet word. Hoe dan anders as 750 miljoen mense of dan nou 1 uit elke 10 mense  in die wêreld geen toegang tot gesonde water het nie.  
 Met die toename in klimaatsverandering en die groeiende aanvraag na  nie-hernubare waterbronne vir landbou, industriё, stede en groeiende bevolking word die waterkrisis verhoog en vereis dit kruis sektorale en holistiese beplanning en beleide sé die sekretaris generaal.  Maar dit is veral plattelandse gebiede wat die meeste hieronder lei. Kinders en vrouens word die meeste affekteer want dit is die persone wat water daagliks moet kollekteer vir huishoudelike gebruik.  Wat nog meer skrikwekkend is,is dat 2.5 biljoen mense nog sonder ordentlike sanitasie klaarkom.En wat sou sê u as u hoor dat 1 biljoen mense nog die “ope toilet gebruik.” Hoeveel van u kan nog die pitstelsel of Hessie Lorrie wat toilette kom skoonmaak het onthou. Is u dalk van die gelukkiges vandag wat met die druk van ‘n knoppie en die spuit van water u toilet kan spoel.
Vir ons as Namakwalanders is waterontbrekings nie ‘n nuutjie nie, en is ons  al te gewoont daaraan om sekere tye sonder water te wees. Namakwalanders se waterprobleem dateer sover terug to 2006, en tot op hede sit ons nog met wateronderbrekings. Sommige inwoners moes al watertenke in hulle erwe oprig vir water vir huishoudelike gebruik. Verder word die ekonomie ook negatief aangeraak deur watertekorte. Talle gastehuise en besighede moes al kliënte wegwys omdat hulle nie water het nie.
Die grootste oorsaak van die wateronderbrekings is swak infrastruktuur, met die regte infrastruktuur en die regte beplanning, kan munisipaliteite droogtes  suksesvol bestuur sodat niemand nodig  het om sonder water te wees nie.
As ons kyk in die Kamiesberg is die kunsmatige aanvulling van die grondwater terrein by Tweerivier een van die oudste in Suid-Afrika, klein skaal, maar doeltreffende en maklik om te handhaaf. Tog het dit gefaal. So ook die omgekeerde osmose-aanleg by Soebatsfontein. Dit kon help om die hoeveelheid water te vermeerder. Hierdie gebied het die hoogste digtheid van omgekeerde osmose aanlegte in die land- wat baie duur is om op te rig maar daar is geen lang-termyn instandhouding plan in plek nie.
In die Nama Khoi munisipale area is daar onlangs begin werk om die pyplyn wat water van die Oranje rivier tot Henkries gelei te herstel. ‘n Pyplyn wie se lewensduur al in 1993 om was. Die idees is daar, die moontlikhede is daar maar die implementasie proses en agente word nie goed uitgewerk nie. Alhoewel dit die munisipaliteite se werk is om seker te maak dat die infrastrukture goed na gekyk word is dit ook ons as belastingbetalers se werk om hulle op hul verantwoordelikheid te hou.
As ons kyk na die gehalte van ons water, waarna verwys word as die bloudruppelstatus, sal ons sien hoeveel Namakwaland se watergehalte verswak het. Nama Khoi munisipaliteit se bloudruppelstatus het vanaf 70% in 2009 tot 25% in 2010 gedaal. Terwyl die Kamiesberg munisipaliteit se status vanaf 83% in 2009 tot slegs 5.4% in 2011 geval het. Skrikwekkend
 ‘n Tekort aan goeie gehalte water stel mense se gesondheid in gevaar en het 'n negatiewe impak op mense se lewensbestaan. Ons as gemeenskap moet saamstaan en saamwerk om die probleem aan te pak en te verseker dat ons genoeg water het om te oorleef. Deur spaarsamig water te gebruik en te verseker dat ons infrastruktuur reg is kan ons die probleme verminder.

Laat ons die Wêreld Water Dag gebruik om ons kinders, ons kollegas en ons bure in te lig oor die waterkwessies en mekaar motiveer en inspireer  om ‘n meer water vriendelike lewe te lei.

WHAT MAKES A GOOD BLOG??

What Makes A Good Blog?
According to About.com (1) the five tips to write a blog is:
·         Choose the Appropriate Tone for Your Blog.
·         Be Honest
·         Don't Just List Links
·         Provide Attribution
·         Write in Short Paragraphs.
I think that those five things are the foundation to making a good blog. By following those steps you will achieve a blog with the attitude that will keep people coming to your blog and wanting more.
By my own ideas a good blog post would be something that speaks to me and something I can relate to or even something that would be useful for me in my life. And how to make a great blog post would be when you put feeling into your words and your whole attitude jumps off the screen towards the reader and draws them in. That’s the thing with words they can make magic when used in the right way and I think that that is the key to great blogging.
Your style and the look of your blog also has a huge influence on the readers of your blog and the way they see the blog posts. For example if you have say a background that is very depressing and dull and you write a cheerful post the readers will think that you are being sarcastic and even think that you have  a bad sense of humour. So for a good post your whole blog should portray what the message is you want to carry across to your readers.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) the Elements needed for a good blog is:
·         Linking
·         Reporting.
·         Writing.
·         Length
·         Headlines
·         Regular updates
·         Interact and
·         Passion.
The moment you know how to use these elements correctly than your blog is on its way to becoming a great one.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) “students should blog because it allows you to practice your writing and your multimedia skills.  And, like anything, the more you practice, the better you get.  In the process, you are creating a body of work that you can show those looking to hire you for an internship or a job.  Remember, your blog is part of your digital footprint.”
Blogging can be seen as an important part of journalism today not just as previously mentioned fact that it helps you practice but because it is a fun and new way of bringing the news across to the readers. What’s more is that blogging widens the audience that gets the news and a lot of them would not have received the news if it was in another means of media.
According to my opinion I think that blogging and journalism go hand in hand because no matter what you blog about you inform, empower, educate or just entertain your readers which I think is the main goals of journalism.
It is mostly important because it opens the door for a younger audience. The youngsters do not want to read newspapers or watch the news on the television and the news sites are not their favourites but blogging gives a new fresh and funky way of letting the youngsters know what is happening in the world.
I would much rather read someone’s opinion of what is happening in the world on a blog or facebook or twitter than read it in a newspaper because there the journalist gives their own opinion.
It’s like UMass Journalism Professor's Blog said:’ “Journalism has become a profession where, if you want to succeed, you must be “platform-agnostic.”  The medium is no longer the message.  If you’re practicing journalism and using blogs to deliver your journalism then you are a journalist.’
That goes to show that journalism and blogging goes hand in hand and therefor blogging is very important in our world.

Referencing:
1.       5 Tips to Write Blog Posts
How to Write Posts that Get Noticed and Keep Readers Interested
By Susan Gunelius, About.com Guide
.http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsWriteBlogPosts.htm

2.       Top 10 Tips for Beginner Bloggers
The Tips You Need to Successfully Start a Blog
By Susan Gunelius, About.com Guide
http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsBeginnerBloggers.htm

3.       Why Blog? A Guide for Students
Posted on August 15, 2010 by journalismprof
http://umassjournalismprofs.wordpress.com/2010/08/15/why-blog-a-students-guide/

Published June 2015

Sonkrag- ‘n Nuwe era vir die Noord-Kaap
Eerste Termiese kragopwekking plant in Pofadder geopen

Die Noord- Kaap spog met die eerste Termiese elektriese kragopwekkingsplant in kommersiële operasie in Suid Afrika- die KaXu Solar Een. Die KaXu Solar Een is die produk van ‘n openbare en private vennootskap wat help om aan die energiebehoeftes van Suid-Afrika in 'n betroubare en volhoubare manier te voorsien deur die gebruik van innoverende tegnologie.
Abengoa -‘n internasionale maatskappy wat innoverende tegnologie-oplossings vir volhoubaarheid in die energie en die omgewing sektore toepas, in samewerking met’n staatsbeheerde finansiёr- die Industrial Development Corporation (IDC), en die KaXu Gemeenskap Trust het begin met 'n 100 MW sonkrag plant naby Pofadder (Noord Kaap). Die sonkragplant is in staat om tot ongeveer 80 000 huise in Suid Afrika van skoon en volhoubare krag te verskaf.
Na beraming sal die sonkragplant vir ongeveer 30 jaar lank kan opereer. Die sonkragplant gaan gebruik kan word om aan Eskom, Suid Afrika se hoofkragverskaffer, skoon en betroubare energie te verskaf. Die plant kom ook net betyds aangesien Eskom reeds sukkel om aan die land se energie behoefte te voorsien. Tans is daar ‘n 20 jaar ooreenkoms tussen Abengoa en Eskom vir die aankoop van sonkrag energie.
Die sonkragplant werk met ‘n paraboliese trog wat die son se hitte kan gelei sodat dit vir kragopwekking gebruik word. Die trog bestaan uit ’n lang paraboliese spieël met ’n buis soos dié in ’n vakuumfles wat al met die fokuspunt langs oor die volle lengte van die paraboliese spieël loop. Sonlig word deur die spieël weerkaats en op die buis gekonsentreer. ‘n Hittegeleidingsvloeistof, meestal olie, vloei deur die buis, absorbeer die hitte en word dan gebruik om water te verhit tot stoom waarmee elektrisiteit gegenereer word.
Die projek is een van die 28 hernubare energie projekte wat deur Suid Afrika se Departement van Energie aangekondig is in 2011. Suid Afrika het die doel gestel om teen 2030 tot soveel as 17 800 MW hernubare energie te vervaardig om die land se afhanklikheid van olie en natuurlike gas bronne te verminder.
Daar word ook geen besoedelende kweekhuis-gasse in die atmosfeer ingepomp soos byvoorbeeld by steenkool-kragsentrales nie. Daar is geen gevaarlike afvalstowwe waarvoor wegsteekplekke gevind moet word soos deur kernkraginstallasies gedoen moet word nie.
Behalwe die goeie impak wat dit op ons omgewing sal hê, sal dit ook direk en indirek lei tot meer beleggings in Suid Afrika. Daar word beraam dat dit tot 516 miljoen amerikaanse dollars in belasting oor die volgende 20 jaar sal inbring. Die projek het die plaaslike ekonomie gestimuleer en sal nog op die lange duur help om ekonomiese geleenthede te genereer vir mense in hierdie area. Die projek het al reeds meer as 1000 konstruksie werksgeleenthede tydens sy drie jaar konstruksie periode geskep.
Die voordele van sonenergie wat met behulp van spieëls in elektrisiteit omgeskakel word, hoef beswaarlik uitgespel te word. As die installasies eers gevestig is, maak dit elektrisiteit wat absoluut verniet, gratis en pasella opgewek word!
Net so seker as wat die son skyn, so seker kan bewaringsbewustes wees dat die benutting van sonkrag nie die omgewing kan benadeel nie. Die sonlig is immers in elk geval daar. Die enigste verskil is dat dit nou nuttig gebruik word waar dit andersins in die lug en grond verlore sou gegaan het—of deur ’n klompie dorsland-plante ingespan sou gewees het om hul blare groen te kleur!

Hierdie projek sal spore los wat nie net die gemeenskap van Pofadder sal bevoordeel nie, maar die hele Suid Afrika.

Tuesday, March 12, 2013

STOCKCARS

Stockcarslaat die stofstaan by die Namakwalandovaalbaan
Saterdag 4 Augustus het die stofbehoorlikgedraai by die Namakwalandovaalbaanwaarverskeiebestuurdershulbestuursvermoë ten toongestel en behoorlik die skarevermaak.
Enigepersoon met ‘n grootliefdevirmotersportkangaandeelneemtydenseen van die resies. Daar word meegeding in verskillendeklassesoos ‘hotrods’, 2.1 Modifieds, midgets en v8’s volgens hoe die kargeboumoet word deelneem. ‘n Persoonwatwildeelneemmoet as lid van die klubaansluit en danonder die reels van die klubry.Almalkanaansoek doe nom lidmaatskap en hullenadergewoonlik die publiekomtehoor hoe hullekaninskakel by die sport.
Namakwalandovaalbaanbestaan al vir die afgelope 20 jaar en het begin by ‘n klompiemanne van Springbok wat life was vir motorsport en het in vergaderingsbele en so die klub begin.
Die resies word deur die bestuurlede van die klubgeorganiseerwaardaarsomsookmensewatniedeel van die klub is isniewatverantwoordelik is vir die dievoorbereiding van die baanvoorelkeresies.
Daar word gemiddeld 6 na 7 byeenkomste per jaargehougedurende die winter word daarafgeskaal want Namakwaland se reenseisoenkan die byeenkomstedalk in die wiele ry.
Deelnemersneemdeur die dag in hulonderskeieklassedeel. Huller y 4 heats en ‘n finaal. Punte word per heat toegekenwatdan die wegspring in die finaalbepaal.Aan die einde van die finaalkry die eerstedriekarre in elkeklas ‘n trofee.
Punte van die heats en die finaal word bymekaargetel en record word gehou van elkebyeenkoms en aan die einde  van die jaar word die eerstedrieplekketoegeken in elkeklas en hierdiedrywers word dan op ‘n jaareinfunksieerkenninggegeevir die jaar se deelname.
Saterdag het goedafgeloopalhoeweldaar ‘n paarinsidente was waardeelnemers in die afsperringsvasgery het maar gelukkig was daarnieveelskadeaanhulle of hulvoertuienie en was daarslegseengevalwaar die deelnemerniekonverderdeelneemnie.
Daar is heelwatbelangstelling in ons sport maar omdatdit so ‘n duur sport is kanbaiemenseniebybringnie.
Die resultatevirSaterdag was:
Hotrods;
1ste Robert Hayes, 2de Gert Meyer, 3de John Coetzee.
2.1l modifiedds:
1ste Gert Meyer, 2de Johannes van der Westhuizen, 3de Johan Archer
Midgets
1ste Gary Linders, 2deHarold Houndsome, 3de Anton Klaassens
V8’s
1ste Ruan van Niekerk, 2de Corne van Niekerk, 3de Nico Theron.

WERELDOMGEWINGDAG

WêreldOmgewings Dag
Die NoordKaap se Provinsiale department of environment and nature conservation (DENC) in samewerking met die SuidAfrikaanseNasionaleBiodiversiteitInstituut (SANBI), CSA (Conservation South Africa) en die Namakwa DistrikMunisipaliteit het WêreldOmgewingsdag in springbok met ‘n vol program gevier.
Die vieringe het begin met ‘n optogdeur Springbok se hoofstraatvanafTitbits restaurant tot by die skougronddeur die eco-skole en gemeenskapbegeleideur die Vioolsdrift SAPS drilorkes en dei MEC van DENC Me. Sylvia Lucas.
By die skougronde het deidrilorkes die gehoorvermaak met ‘n puikvertoningwaarnaalmal in die saal in is waardaarverskeiestalletjies was.
Die verrigtinge in die saal was dirigeerdeurMnr. L Abrahams wtonmiddelikoorgegee het aan Vader Bassonom op ‘n gepastemanier die verrigtingete open.
RaadslidJordaan het namens die burgermeester van NamaKhoi die opening behartigwaarnaSANParke ‘n lighartigeopvoedkundigepoppespel op die plankegbring het.
‘nGraad 9 leerling Penelope Simon van St. Anna privaatskool het ‘n motiveringstoespraakgelewerwatna die liggebring het da tons van ‘n jongouderdomafmoet leer om die omgewingtebewaar.
Me. Lucas het daarna die verhoogbetree en haartoespraakaan die skaregelewer. Daarin het sygepraat van verskeieprojectewatgeloodsgaan word omonsomgewingtebeskerm en behouvirtoekomstigegeslagte. Sy het genome datdaaronderandere ‘n ‘greening my neighbourhood’ projekgeloodsgaan word watwerkgaan skep vironsplaaslikemensevirongeveer 9 maande.
Na Me. Lucas aan die word was is die gehoorvermaakdeurkeanonbekeur van Dr. I. van NiekerkPrimêrwat die gedig ‘wintersnag’ voorgedra het, waarna die leerders van F. BrecherPrimêr ‘n dansitem op Michael Jackson se ‘Heal the world’ gelewer het.
Na die saalverrigtinge was daarmiddagetebeskikbaar. Later het NAMBAF( Namakwa Biodiversity Advisory Forum) ‘n vergadering met die gemeenskapsledegehou.
Die dag se verrigtinge het ‘n hoogtepuntbereik by ‘n gala wat by die SAPS klubhuisgehou was. By die Gala het Me. Sylvia Lucas gasvrougespeel. Gedurende die verloop van die aand is die lede van die NoordKaap PCC(Provincial Coastal Committee) ingehuldig, daarna is die ondertekening van die NAMBAF verklaring van voornemeasook die ondertekening van die bewaringsgebied ‘Three Peaks’ ooreenkoms. Laastens was die tekening van die ‘intent to declare the Orange River Mouth Nature reserve, in terms of Nempa’.

DIVA TRIBUTE AAN WHITNEY HOUSTON

Diva’s bring eeraan Whitney Houston
Die afsterwing van Whitney Houston vroeërvanjaar het ‘n grootleemte in die musiekwêreldgelaat.
EJR Events in samewerking met radio NFM het dus in tereherinneringaan die groot Diva ‘n ‘Diva’s tribute to Whitney Houston’ gereël.
Die konsert het Saterdagaand 9 JunieteOkiep Rec Club plaasgevind en die dak het omtrentgeligonder die stemme van onsnasionale diva’s.
Al Whitney se grootstetreffers is die aanddeurvier van Suid-Afrika se bestevroulikekunstenaarsgesing.
Drie van SA Idols se voormaligewenners, Karin Kortje, Sasha-lee Davids en Jody Williams tesame met Mady Abrahams van die SA got talent faam het hulstemmegelig in eer van een van die wereld se bestesangeresse.
HennieJacobswatDiederik in plaaslikesepie 7de laanspeel het as gasheervir die aandopgetree en die gehooraansyvoetegehad van die oomblikwathy die verhoogbetree het tot en met die laasteoomblik.
Jody Williams SA-Idols se jongstewennerooit het die aandgeopen en het van die eerstenoot tot haar stem aan die einde van die liedweggesterf het die gehooraanhaarvoetegehad. Sy het in die vierdeseisoen in 2007 gewen.
Sasha-Lee wat tans besig is met ‘n opnamevan ‘n enkelspeler het dieverhoogbetree en ook die gehooraanhaarvoetegehad. Sasha- Lee het 2009 die Idols titel met Jason Hartman gedeel.
Karin Kortjewatdie derdeseisoen van die Idols in 2004 gewen het, het ‘n meervolwasse stem na die verhooggebringtydenshaarderdebesoekaanNamakwaland.
Mady Abrahams wat die naaswenner by ‘SA got talent’ was het gewysdatsyvirgeeninternasionalesterhoefterugtestaannie want haar talent is van wêreldgehalte.
Die dames  hetelkeen ‘n keurspel van Whitney se liedjiesgesing en vir die paaruur het ditgeklinkasof Whitney self daarvoor op die verhoogoptree.
Karin, Jody, Sasha-Lee en Mady het grootskoenegehadomvoltestaan en het huluitstekend van hultaakgekwyt.  Elkeen se unieke stem het flair aan die geleentheidverleen en selfs ‘n paartrane in die oë.
SoosHennieditgestel het na Sasha-Lee ‘n asemrowendevertoninggelewer het: “Dai stem skopAdelle se gat.”