Travelling with a three year old.
Anyone who has ever travelled with a toddler will know this struggle.
Being in a car with a little person who is just exploring the world will always turn into the weiredst Q & A session you will ever have.
“Mommy what is that thing next to the road?”
“Why is that there?”
“ What does that mean?”
And of course the worse question being asked a million times.....
“Are we there yet?”
Don’t get my wrong, I love travelling with my kid, it is an amazing journey because most of the time I will also learn something new before the trip ends. And if you are in a good mood this will be the most rewarding and fun trip.
Being stuck in a car with a three year old for 8 hours will have you pulling your hair out of your head. There is only so much games you can play to keep him occupied and if he is anything like my son, he would not want to play the same games over and over again. This will either make you or break you. Luckily for me this last three years have prepared me for moments like this.
Making up games and being able to entertain a thre eyear old in an confined space should really be considered as a superpower, because as any mother knows it is not something for the faint hearted.
One game that I saw helped and worked the longest was an adaption of I spy...
What we did was say.. I see a white car what are you seeing? And this game can go on till kingdom comes.
If he get’s bored adapt the game,s ay something you see and ask the child to guess three reasons why that is there. Also when you see little houses against the road, make up your own fairytale about the house or basically any object that you see...
A fun way to keep the little one entertained. Don’t forget to stop and go for little walks and sightseeing while travelling, this helps alot especially to keep the energy levels from going crazy.
It is a nightmare to travel with a three year old but if you play your cards right you can make this a fun filled wonder race.
P.S. Some treats and drinks along the road has never killed any kid.
What I also hate is driving somewhere and then making your child play on a cellphone or tablet the whole way. You do not realise how much you are robbing your child. This is a time to educate your child to help grow his curiosity, so make the best of these situations and do fun educational things.
Teach your child to recognise the road, to know certain beacons so he can always know where he is.
Saturday, July 16, 2016
Thursday, June 25, 2015
Nuwe hoop vir hulp aan klein besigheid
Regering stel nuwe Departement bekend
Om ‘n klein besigheid te begin is nie maklik nie, dit is nog
moeiliker om so ‘n besigheid aan die gang te hou in ‘n onstabiele ekonomiese
klimaat. Baie besighede begin met baie lof en oortuiging, maar val plat weens
‘n tekort aan die nodige kennis en hulpbronne.
“Kyk, luister en leer. Jy kan nie alles weet nie. Enigiemand
wat dink hy is alwetend is bestem vir
middelmatigheid.” - Donald Trump, voorsitter van The Trump Organization, the
Trump Plaza Associates, LLC.
Omdat die Regering besef het dat Kleinbesighede baie hulp,
raad en leiding nodig het, is daar besluit om ‘n nuwe departement te open wat
spesifiek aan die behoeftes van klein besighede gaan aandag skenk.
Die Departement van Kleinbesigheidsontwikkeling is gevolglik
tydens ‘n ekonomiese beraad vir kleinbesigheidseienaars in Bergsig bekendgestel
aan die Namakwa Distrik. Die doel van die beraad was om klein besighede in te
lig rondom die nuwe Departement asook om na hulle behoeftes te luister. Daar is
ook gefokus op die rol wat klein besighede kan speel om meer werksgeleenthede
in hul gemeenskappe te skep.
“Die regering moet kyk na plekke waar werk geskep kan word
en klein besighede is een van die plekke waar dit kan gebeur.” MEC John Blok
Verteenwoordigers van besighede in Namakwa Distrik het die
geleentheid gekry om probleme wat hulle met die implementering, bestuur en
administrasie van hul besighede ondervind op die tafel te sit. Die kwessies
gaan nou aan die provinsiële regering voorgedra word, wat dit dan weer na die
nasionale regering gaan neem.
Een van die doelstellings van die Departement is om beter
dienste vir almal te bring. Baie van Namakwalandse besighede moet ver reis om
tot by o.a SEDA, SARS en markte vir hul produkte te kom. Een van die programme
waaraan die Departement tans werk is om SEDA meer toeganklik te maak vir
entrepreneurs. Tans het SEDA slegs 5 takke in die Noord-Kaap en entrepreneurs
moet ver reis om inligting by SEDA te kan bekom. Die Departement beplan om die
verspreidingspunte van SEDA uit te brei deur studente as SEDA verteenwoordiger
by elke munisipale punt te plaas,om dit makliker maak vir entrepreneurs om
essensiële
inligting te bekom.
‘n Probleem wat ek glo alle kleinbesighede op een of ander
stadium ervaar is befondsing, dit gaan ook aangespreek word. Deur ‘n fonds
beskikbaar te stel aan besighede wat voldoen aan sekere vereistes, maar meer
inligting oor die fonds sal later deurgegee word. ‘n Belangrike faktor wat
hulle bespreek het is die mentorprogram wat in die pyplyn is. Deur ‘n
entrepreneur bloot te stel aan ‘n mentor, wat reeds deur al die prosesse is en
hom al die ‘tricks of the trade’ te leer is ‘n waardevolle program wat die Departement
beoog.
Daar word ook beoog om klein en mikro besighede te nomineer
vir 1½
- 3 jaar se finansiële ondersteuning. Blootstelling aan internasionale markte
indien die plaaslike markte al reeds versadig is gaan ook een van die
objektiewe van die Departement wees. Laatens gaan hulle ook probeer om
assistering te gee om die administratiewe rompslomp(red-tape) te verminder.
Baie kan vermag word as mense saamwerk so met die hulp van
die regering kan die klein besighede in Namakwaland net nuwe hoogtes bereik.
WĔRELD VLEILANDE DAG
Vleilande vir ons toekoms
Ons is hierdie pragtige en ryk omgewing gegee sodat ons dit
kan bewoon en oppas en die nodige respek daarvoor toon. Meeste van ons besef
egter nie die waarde van ons Natuurlike hulpbronne nie daarom het die Verenigde
Nasies dit op hulle geneem om dae uiteen te sit waarin ons die wondere wat ons
ontvang het vier. Die dae dien ook as opvoedingsdae want dit gee ons die
geleentheid om mekaar in te lig en op te voed rakende die waarde van ons
Natuurlike hulpbronne.
Wêreld
Vleilande Dag was vanjaar regoor die wêreld
op 2 Februarie gevier, selfs hier in Namakwaland het ons die dag gevier( sien
berig oor Kamiesberg se vieringe elders in Veepos).
Vanjaar se tema vir die herdenking van Wêreld Vleilandedag
is "vleilande vir ons toekoms". Die tema is gekies om die jeug te
mobiliseer om betrokke te raak by kwessies rakende vleilande en die probleme
wat dit in die gesig staar asook om met idees vorendag te kom om dit in die
toekoms te bestuur en volhoubaar te benut.
Werk vir Vleilande is nasionaal reeds besig om meer
jeugdiges te betrek deurdat hulle projek vereis dat daar ten minste 20%
jeugdiges aangestel moet word vir restorasie van vleilande. In Namakwaland het
ons ook ‘n verskeidenheid jeugdiges wat werk aan vleilande. Voorbeelde is
Darrel Links wat tans in Leliefontein die kontrakteur is vir ‘n groep
vleilandmoniteerders waarvan meer as 50% van die span uit jeugdiges bestaan. In
Steinkopf restoreer die NRM-groep
die vleilande waarvan meer as 60%
van die span jeugdiges is.
Vleilande is een van die mees diverse en produktiewe
ekosisteme wat ons het. Hulle bied belangrike dienste vir ons en voorsien
varswater aan ‘n waterarm land. Die
probleem is egter dat die meeste vleilande erg vervalle is of verander is om ander
werk te verrig. Van die bedreigings wat vleilande in die gesig staar, is onder
meer toenemende besoedeling, swak afvalbestuur en die gebruik van bemesting en
insekte- en plantdoders wat veral in landbou gebruik word.
Hierbenewens word vleilande as gevolg van bevolkingsgroei oorbenut vir die vis, riete en bome wat daar voorkom. Die groter aanvraag na water kan voorts tot ooronttrekking lei. Aanslikking vanweë gronderosie wat deur ontbossing, oorbeweiding en ander onbehoorlike grondbenutting te weeg gebring word, dra ook by tot die bedreiging vir vleilande. Uitheemse plantspesies en die fisiese verandering van vleilande vir landbou en dorpsontwikkeling is ook bydraende faktore.
Hierbenewens word vleilande as gevolg van bevolkingsgroei oorbenut vir die vis, riete en bome wat daar voorkom. Die groter aanvraag na water kan voorts tot ooronttrekking lei. Aanslikking vanweë gronderosie wat deur ontbossing, oorbeweiding en ander onbehoorlike grondbenutting te weeg gebring word, dra ook by tot die bedreiging vir vleilande. Uitheemse plantspesies en die fisiese verandering van vleilande vir landbou en dorpsontwikkeling is ook bydraende faktore.
Indien vleilande nie goed bestuur word nie sal die gehalte
van die water verswak, meer intense vloede sal meer gereeld stroomaf voorkom, droë seisoene kan langer word en watervoorsiening meer wisselvallig
maak, landbouproduktiwiteit kan verlaag,
en plant- en diersoorte sal toenemend bedreig word. Om dit te voorkom, moet
grond- en watergebruikers sorg dat vleilande behoue bly. Die verwaarlosing van
die verlede moet in die vleiland self, maar ook in die groter opvangsgebied,
aangespreek word. Vleilande kan nie praat om te waarsku as daar ’n probleem is
nie. Dus moet ons oplet na die tekens wat aandui dat dit wel die geval is en
stappe neem om dit reg te maak – terwyl ons nog kan! Daar is baie eenvoudige
maniere om vleilande te beskerm , een van die eenvoudige maniere is om vee uit
vleilande te hou tydens sekere seisoene, om nie fisiese skade aan die vleiland
te verrig nie en ook om nie die vleilande te besoedel nie.
Die bewaring van vleilande beteken nie dat ons glad nie
vleilande kan benut nie. Dit beteken wel dat ons hulle op ’n sinvolle en
volhoubare wyse moet benut en dat ons ons impak op die vleiland moet bestuur.
Die impak van ons aktiwiteite word bepaal deur die manier waarop en die mate
waartoe ons ’n vleiland gebruik. Dit is egter nie net ons aktiwiteite in die
vleiland wat skade kan verrig nie, maar ook die dinge wat ons naby die vleiland
of elders in n opvangsgebied
stroomop doen.
Onwettige handel in plant en dierspesies bedreig ons biodiversiteit
Stropers ‘n groot gevaar vir ons
ekosisteem
Stropers is stadig maar seker besig om ons natuurlike
erfenis stukkie vir stukkie te vernietig, een spesie op ‘n slag. Dit is nou van
renosters in die Krugerwildtuin, geitjies in die Noord-Kaap, bome in Mosambiek,
perlemoen aan die Kaapse kus tot selfs broodbome in Kirstenbosch, een van die
wêreld se voorste botaniese tuine. Daar word nie net onwettig handel gedryf
nie, maar die ekosisteme word vernietig.
Daar word beraam dat
ongeveer 350 miljoen diere en plante per jaar verkoop word, waarvan 25% van die
verkope onwettig plaasvind. ’n Simpel rede vir die styging in stropery is te
danke aan die toename om wilde diere aan te hou as troeteldiere,tradisionele medisinale
redes of mites. Die Smaug giganteus (Sonkyker akkedis) is ‘n goeie voorbeeld van ‘n
dier wat aangehou word vir ‘n witpoeier afskeiding by sy stert wat vir tradisionele medisyne
gebruik word. Die sonkyker word teen hoё
pryse en soms sonder permitte uitgevoer na lande soos VSA, Europa en Japan.
Renosterhoring, ivoor en tier produkte word baie hoog geag
en beding hoë pryse op die internasionale markte veral in Asië. In Vietnam, het
die nuutste mite dat renosterhoring kanker kan genees gelei tot massiewe
stropery in Suid-Afrika en die prys van renosterhoring so opgestoot dat dit kon
meeding met goud. Gedurende 2014, is in Suid-Afrika alleen ‘n verstommende 1215
renosters deur stropers doodgemaak, dit is een elke agt uur. Maar hoewel renosters
bykans al die media-aandag kry, is hulle verreweg nie die enigste teiken nie.
Regoor Suid Afrika word ons inheemse plante en diere deur
handelaars uit die ekosisteem verwyder sonder om te dink aan die implikasies
wat dit op ons ekosisteme gaan hê. Die ergste is egter dat hulle die
ekosisteem so seermaak dat dit nie maklik is vir die ekosisteem om weer te
herstel nie.
Reptiele, wild, insekte asook vetplante word in die veld
versamel en dan op nasionale en internasionale markte verkoop. Suid-Afrika verloor
byna daagliks gordelakkedisse, verskeie spesies slange soos horing- en
dwergadders, vinkies en papegaaie, skilpaaie van die Weskus, veral die
ploegskaarskilpadjie en verskeie spesies vetplante uit Namakwaland.
Namakwaland is bekend vir sy vetplante en groot
verskeidenheid reptiele. Omdat sekere spesies skaars is en beperkte
verspreidingsgebiede het, is dit baie gesog onder versamelaars. Plante
soos boegoes en kokerbome word ook gereeld uit hul natuurlike habitatte gehaal.
In geldwaarde is dit veilig om te sê dat omgewingsmisdaad die
tweede grootste onwettige bedryf in die wereld is, naas dwelmhandel natuurlik.
Kenners by TRAFFIC, wildlife trade monitoring network, beraam dat die bedryf
honderde miljoene amerikaanse dollars beloop.
Die onwettige handel is die grootste direkte bedreiging vir
die toekoms van baie van die wêreld se mees bedreigde spesies. Daarom is daar
verskeie organisasies wat dit hul misie maak om die handel in plant en diere te
beheer. CITES (Convention on International Trade in Endangered Species of Wild
Fauna and Flora) is ‘n internasionale ooreenkoms tussen verskeie regerings wat
poog om die bose kringloop van handel in ons spesies te probeer hokslaan. Suid Afrika onderskryf CITES en daarom is dit
onwettig om met bedreigde diere en plantspesies
handel te dryf
Niemand mag sonder 'n geldige permit plante versamel nie.
Die enigste mense wat sonder 'n permit plante op hul grond mag versamel, is die
grondeienaar, sy of haar familie en enige voltydse werknemer met die nodige
toestemming. In die geval van diere mag hulle nie gevang en aangehou word in
hokke of verkoop word as die nodige permit van die natuurbewaringsdiens nie
verkry is nie.
Sou enigiemand hulle skuldig maak aan die onwettige handel
van diere of plante sal hy/sy gearesteer word. In terme van die verskillende
provinsiale wette word die handel in plante en diere as ‘n misdaad geag en kan
vervolg word deur die provinsiale owerhede. Indien skuldig bevind kan jy met 'n
boete of tronkstraf of beide gestraf word.
Een van die beste maniere om onwettige handel aan te spreek
is om die verbruikers te oorreed om ingeligte keuses te maak. Om die mark vir
die spesies te elimineer en om die volhoubare gebruik van hulpbronne die
enigste opsie vir verbruikers te maak.
WĔRELD WATERDAG
Water en Volhoubare Ontwikkeling.
Klimaatsverandering bedreig al ons natuurlike hulpbronne maar
watertekort is die #1 wêreldwye grootste
bedreiging op die mens. Verder kan water tekorte heel waarskynlik elke 10 de
jaar die mens se bestaan omver gooi, so waarsku die Wêreld Ekonomiese Forum. In
lig van die bedreiginge is daar ‘n oproep op 22 Maart, Wêreld Waterdag, van Ban Ki-moon, Sekretaris Generaal van
Verenigde Nasies vir “ ‘n gees van
samewerking” om die vele water verwante uitdagings wat die mens in die gesig
staar aan te spreek. Vanjaar is veilige drinkwater en sanitasie die mees
belangrike waterkwessies wat aangespreek moet word. Hoe dan anders as
750 miljoen mense of dan nou 1 uit elke 10 mense in die wêreld geen toegang tot gesonde water het
nie.
Met die toename in klimaatsverandering en die
groeiende aanvraag na nie-hernubare
waterbronne vir landbou, industriё, stede en groeiende bevolking word die
waterkrisis verhoog en vereis dit kruis sektorale en holistiese beplanning en
beleide sé die sekretaris generaal. Maar
dit is veral plattelandse gebiede wat die meeste hieronder lei. Kinders en
vrouens word die meeste affekteer want dit is die persone wat water daagliks
moet kollekteer vir huishoudelike gebruik.
Wat nog meer skrikwekkend is,is dat 2.5 biljoen mense nog sonder
ordentlike sanitasie klaarkom.En wat sou sê u as u hoor dat 1 biljoen mense nog
die “ope toilet gebruik.” Hoeveel van u kan nog die pitstelsel of Hessie Lorrie
wat toilette kom skoonmaak het onthou. Is u dalk van die gelukkiges vandag wat
met die druk van ‘n knoppie en die spuit van water u toilet kan spoel.
Vir ons as Namakwalanders is
waterontbrekings nie ‘n nuutjie nie, en is ons
al te gewoont daaraan om sekere tye sonder water te wees. Namakwalanders
se waterprobleem dateer sover terug to 2006, en tot op hede sit ons nog met wateronderbrekings.
Sommige inwoners moes al watertenke in hulle erwe oprig vir water vir
huishoudelike gebruik. Verder word die ekonomie ook negatief aangeraak deur
watertekorte. Talle gastehuise en besighede moes al kliënte wegwys omdat hulle
nie water het nie.
Die grootste oorsaak van die wateronderbrekings is swak
infrastruktuur, met die regte infrastruktuur en die regte beplanning, kan
munisipaliteite droogtes suksesvol bestuur sodat niemand nodig het
om sonder water te wees nie.
As ons kyk in die Kamiesberg is die kunsmatige aanvulling van die
grondwater terrein by Tweerivier een van die oudste in Suid-Afrika, klein
skaal, maar doeltreffende en maklik om te handhaaf. Tog het dit gefaal. So ook
die omgekeerde osmose-aanleg by Soebatsfontein. Dit kon help om die hoeveelheid
water te vermeerder. Hierdie gebied het die hoogste digtheid van omgekeerde
osmose aanlegte in die land- wat baie duur is om op te rig maar daar is geen
lang-termyn instandhouding plan in plek nie.
In die Nama Khoi munisipale area is daar onlangs begin werk om die
pyplyn wat water van die Oranje rivier tot Henkries gelei te herstel. ‘n Pyplyn
wie se lewensduur al in 1993 om was. Die idees is daar, die moontlikhede is
daar maar die implementasie proses en agente word nie goed uitgewerk nie.
Alhoewel dit die munisipaliteite se werk is om seker te maak dat die
infrastrukture goed na gekyk word is dit ook ons as belastingbetalers se werk
om hulle op hul verantwoordelikheid te hou.
As ons kyk na die gehalte van ons water, waarna verwys word as die
bloudruppelstatus, sal ons sien hoeveel Namakwaland se watergehalte verswak
het. Nama Khoi munisipaliteit se bloudruppelstatus het vanaf 70% in 2009 tot
25% in 2010 gedaal. Terwyl die Kamiesberg munisipaliteit se status vanaf 83% in 2009 tot slegs 5.4% in 2011 geval het.
Skrikwekkend
‘n Tekort aan goeie gehalte
water stel mense se gesondheid in gevaar en het 'n negatiewe impak op mense se
lewensbestaan. Ons as gemeenskap moet saamstaan en saamwerk om die probleem aan
te pak en te verseker dat ons genoeg water het om te oorleef. Deur spaarsamig
water te gebruik en te verseker dat ons infrastruktuur reg is kan ons die
probleme verminder.
Laat ons die Wêreld Water Dag gebruik om ons kinders, ons kollegas
en ons bure in te lig oor die waterkwessies en mekaar motiveer en
inspireer om ‘n meer water vriendelike
lewe te lei.
WHAT MAKES A GOOD BLOG??
What Makes A Good Blog?
According to About.com (1) the five tips to write a blog is:
· Choose the Appropriate Tone for Your Blog.
· Be Honest
· Don't Just List Links
· Provide Attribution
· Write in Short Paragraphs.
I think that those five things are the foundation to making a good blog. By following those steps you will achieve a blog with the attitude that will keep people coming to your blog and wanting more.
By my own ideas a good blog post would be something that speaks to me and something I can relate to or even something that would be useful for me in my life. And how to make a great blog post would be when you put feeling into your words and your whole attitude jumps off the screen towards the reader and draws them in. That’s the thing with words they can make magic when used in the right way and I think that that is the key to great blogging.
Your style and the look of your blog also has a huge influence on the readers of your blog and the way they see the blog posts. For example if you have say a background that is very depressing and dull and you write a cheerful post the readers will think that you are being sarcastic and even think that you have a bad sense of humour. So for a good post your whole blog should portray what the message is you want to carry across to your readers.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) the Elements needed for a good blog is:
· Linking
· Reporting.
· Writing.
· Length
· Headlines
· Regular updates
· Interact and
· Passion.
The moment you know how to use these elements correctly than your blog is on its way to becoming a great one.
According to UMass Journalism Professor's Blog (2) “students should blog because it allows you to practice your writing and your multimedia skills. And, like anything, the more you practice, the better you get. In the process, you are creating a body of work that you can show those looking to hire you for an internship or a job. Remember, your blog is part of your digital footprint.”
Blogging can be seen as an important part of journalism today not just as previously mentioned fact that it helps you practice but because it is a fun and new way of bringing the news across to the readers. What’s more is that blogging widens the audience that gets the news and a lot of them would not have received the news if it was in another means of media.
According to my opinion I think that blogging and journalism go hand in hand because no matter what you blog about you inform, empower, educate or just entertain your readers which I think is the main goals of journalism.
It is mostly important because it opens the door for a younger audience. The youngsters do not want to read newspapers or watch the news on the television and the news sites are not their favourites but blogging gives a new fresh and funky way of letting the youngsters know what is happening in the world.
I would much rather read someone’s opinion of what is happening in the world on a blog or facebook or twitter than read it in a newspaper because there the journalist gives their own opinion.
It’s like UMass Journalism Professor's Blog said:’ “Journalism has become a profession where, if you want to succeed, you must be “platform-agnostic.” The medium is no longer the message. If you’re practicing journalism and using blogs to deliver your journalism then you are a journalist.’
That goes to show that journalism and blogging goes hand in hand and therefor blogging is very important in our world.
Referencing:
1. 5 Tips to Write Blog Posts
How to Write Posts that Get Noticed and Keep Readers Interested
By Susan Gunelius, About.com Guide
.http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsWriteBlogPosts.htm
2. Top 10 Tips for Beginner Bloggers
The Tips You Need to Successfully Start a Blog
By Susan Gunelius, About.com Guide
http://weblogs.about.com/od/bloggingtips/tp/TipsBeginnerBloggers.htm
3. Why Blog? A Guide for Students
Posted on August 15, 2010 by journalismprof
http://umassjournalismprofs.wordpress.com/2010/08/15/why-blog-a-students-guide/
Published June 2015
Eerste Termiese kragopwekking plant in Pofadder geopen
Die Noord- Kaap spog met die eerste
Termiese elektriese kragopwekkingsplant in kommersiële operasie in Suid Afrika-
die KaXu Solar Een. Die KaXu Solar Een is die produk van ‘n openbare en private
vennootskap wat help om aan die energiebehoeftes van Suid-Afrika in 'n
betroubare en volhoubare manier te voorsien deur die gebruik van innoverende
tegnologie.
Abengoa -‘n internasionale maatskappy
wat innoverende tegnologie-oplossings vir volhoubaarheid in die energie en die
omgewing sektore toepas, in samewerking met’n staatsbeheerde finansiёr- die
Industrial Development Corporation (IDC), en die KaXu Gemeenskap Trust het
begin met 'n 100 MW sonkrag plant naby Pofadder (Noord Kaap). Die sonkragplant
is in staat om tot ongeveer 80 000 huise in Suid Afrika van skoon en volhoubare
krag te verskaf.
Na beraming sal die sonkragplant vir
ongeveer 30 jaar lank kan opereer. Die
sonkragplant gaan gebruik kan word om aan Eskom, Suid Afrika se
hoofkragverskaffer, skoon en betroubare energie te verskaf. Die plant kom ook
net betyds aangesien Eskom reeds sukkel om aan die land se energie behoefte te
voorsien. Tans is daar ‘n 20 jaar ooreenkoms tussen Abengoa en Eskom vir die
aankoop van sonkrag energie.
Die
sonkragplant werk met ‘n paraboliese trog wat die son se hitte kan gelei sodat
dit vir kragopwekking gebruik word. Die trog bestaan uit ’n lang paraboliese
spieël met ’n buis soos dié in ’n vakuumfles wat al met die fokuspunt langs oor
die volle lengte van die paraboliese spieël loop. Sonlig word deur die
spieël weerkaats en op die buis gekonsentreer. ‘n Hittegeleidingsvloeistof,
meestal olie, vloei deur die buis, absorbeer die hitte en word dan gebruik om
water te verhit tot stoom waarmee elektrisiteit gegenereer word.
Die projek is een van die 28 hernubare
energie projekte wat deur Suid Afrika se Departement van Energie aangekondig is
in 2011. Suid Afrika het die doel gestel om teen 2030 tot soveel as 17 800 MW
hernubare energie te vervaardig om die land se afhanklikheid van olie en
natuurlike gas bronne te verminder.
Daar word ook geen besoedelende kweekhuis-gasse
in die atmosfeer ingepomp soos byvoorbeeld by steenkool-kragsentrales nie. Daar
is geen gevaarlike afvalstowwe waarvoor wegsteekplekke gevind moet word soos
deur kernkraginstallasies gedoen moet word nie.
Behalwe die goeie impak wat dit op ons
omgewing sal hê, sal dit ook direk en indirek lei tot meer beleggings in Suid
Afrika. Daar word beraam dat dit tot 516 miljoen amerikaanse dollars in
belasting oor die volgende 20 jaar sal inbring. Die projek het die plaaslike
ekonomie gestimuleer en sal nog op die lange duur help om ekonomiese
geleenthede te genereer vir mense in hierdie area. Die projek het al reeds meer
as 1000 konstruksie werksgeleenthede tydens sy drie jaar konstruksie periode
geskep.
Die voordele van sonenergie wat met behulp van
spieëls in elektrisiteit omgeskakel word, hoef beswaarlik uitgespel te word. As
die installasies eers gevestig is, maak dit elektrisiteit wat absoluut verniet,
gratis en pasella opgewek word!
Net so seker as wat die son skyn, so seker kan
bewaringsbewustes wees dat die benutting van sonkrag nie die omgewing kan
benadeel nie. Die sonlig is immers in elk geval daar. Die enigste verskil is
dat dit nou nuttig gebruik word waar dit andersins in die lug en grond verlore
sou gegaan het—of deur ’n klompie dorsland-plante ingespan sou gewees het om
hul blare groen te kleur!
Hierdie projek sal spore los wat nie net die
gemeenskap van Pofadder sal bevoordeel nie, maar die hele Suid Afrika.
Subscribe to:
Posts (Atom)