Tuesday, September 27, 2011

RUGBY FEITE

Henry Blaha het in 1972 gesê: “Rugby is ‘n spel vir beeste gespeel deur here. Sokker is ‘n spel vir here gespeel deur beeste. Voetbal is ‘n spel vir beeste gespeel deur beeste.”

Met die 2011 Absa Curriebeker in volle gang het ons besluit om ‘n paar minder bekende rugby feite te plaas. Nou kan jy by jou volgende braai met vriende spog met die waardevolle rugby brokkies.

  • Die Curriebeker vier die jaar sy 122ste verjaarsdag, so daar is ‘n moontlikheid dat ons oer, oer oupagrootjie moontlik die eerste eindstryd in Kimberley gekyk het.
  • Die eerste Suid-Afrikaanse rugby wedstryd was in 1878 by die Hamilton Club in Kaapstad. Die eerste Britse Leeus toer onder borgskap van Cecil Rhodes was in 1891.
  • Tydens die boere oorlog was daar in 1902 ‘n wapenstilstand sodat almal die wedstryd tussen die Boere en die Britse kon kyk.
  • ‘n Dekade later het Gaston Vareilles van Frankryk sy internationale debuut teen Skotland gemis na hy van die trein afgeklim het vir ‘n toebroodjie en a.g.v. die lang lyn sy rit verpas het.Hy was daarna nooit weer vir sy land se span gekies nie.
  • “Nasty Booter” soos die Britse media Naas Botha gedoop het het 312 punte vir die Springbokke aangeteken en was tot en met 2004 die beste puntewerwer van die Bokke tot Percy Montgomery hom verbygesteek het. Sy sukses was te danke aan sy vermoë om driee te druk en doele te “drop-kick”.
  • ‘n Wedstryd tussen Whitby en Corby is in 1989 net na die begin van die tweede helfte gestop omdat Corby a.g.v dronk spelers toe reeds 80-0 agter geloop het.
  • In 1966 is ‘n Welch wedstryd gestaak na die spelers reeds reggestaan het toe hulle besef dat niemand ‘n bal gebring het nie.
  • Franse speler Jean-Pierre Sault het sy enkel oomblikke voor ‘n internationale wedstryd in 1969 teen Skotland gebreek toe hy gehak het by die trappe uit die kleedkamer.

Ondersteun jou span vir slegs R30 ‘n kaartjie en jy kan ‘n kans kry om R100 000 te wen deur jou beste video wat by ‘n spel opgeneem is op te laai of R20 000 vir die beste foteo by ‘n aksiebelaaide Currie beker wedstryd. Wie weet dalk sal jou video of foto dit maak as een van die rugby feite van die toekoms.
Gaan na www.absacurriebeker.co.za vir meer besonderhede.

No comments:

Post a Comment