Tuesday, September 27, 2011

WET OP VERBRUIKERSBESKERMING VERHOOG BOERE SE BLOOTSTELLING AAN RISIKO'S

Mutual en Federal waarsku boere dat die nuwe wet op verbruikersbeskerming hulle individueel of gesamentlik verantwoordelik kan hou vir enige verlies wat ‘n vebruiker a.g.v hul produkte kan ly. Sonder toepaslike dekking kan hulle vernietigende kostes in die gesig staar.

Andries Wiese van Landbou en Oes by Mutual en Federal verduidelik: “Indien ‘n verbruikers van landbou produkte siek word, kan enigiemand in die boerdery gedagvaar word.”

In Mei hierdie jaar het ‘n krisis amper tot onvoorsiene regkostes gelei na talle sterfgevalle in Duitsland plaasgevind het na verbruikers E.Coli besmette komkommers gebruik het.

“Boere kan tussen R5- en R10 miljoen vir een geval van voedselvergiftiging opdok.” voeg Wiese by “Verpletterede koste en skade aan hul reputasies kan voorkom indien honderde mense siek raak, en meeste boere het nie genoeg versekering om so ‘n geval te dek nie.”

Onder die wet word boere verantwoordelik gehou indien hul produkte organies gemerk is, maar wel verwerk is.

“Dieselfde reël geld vir verspreiders, iemand moet verantwoordelik gehou word” voeg Wiese by.

Selfs boere wat direk aan die verbruikers verkoop moet die proses deeglik verstaan om risiko’s te vermy. “Indien boere se verantwoordelikheids polises slegs skade op hul perseel dek, gaan die polis nie die nodige dekking gee na die produk aan die waarde ketting verskaf is nie.” sê Wiese.

Die wet gaan hul besigheidsmanier beïnvloed, vanaf die verbruikers, bemesting en insekdoders vir die oes tot die stamboek van hul vee asook die voertuie wat hulle aan ander boere verkoop. Vee moet volbloed wees,veral vir teling en kompetisies en voertuie kan nie meer met foute verkoop word nie.

 “As boere die risiko van ‘n volle produksielyn ignoreer,d.w.s van die boer, na die groothandelaar, na die kleinhandelaar en verbruiker, is dit op eie risiko.”

“Boere moet verseker dat hul makelaars die toepaslike dekking verskaf om verpletterende regskostes te vermy.”

Sulke advies word tydens die Agri Mega Week wat by die Agri Mega Park in SwellendamStraat, Bredasdorp, Wes-Kaap vanaf die 14de tot die 16de September  deur Mutual en Federal werknemers gegee.

Mutual en Federal is een van die leiers in kort termyn versekering in Suider Afrika.

No comments:

Post a Comment