Boelies is nie meer net ‘n “deel van grootword” nie. Hulle is gevaarlik, skryf Jip, die tienerbylae van Media 24-koerante.
Wat is aan die gang?
“Dink net watter soort pyn en isolasie iemand wat geboelie word, ervaar as hy dink selfmoord is die enigste uitweg.” sê Melinda Hutching, ‘n Amerikaanse-tienerkenner.
Boelies voer wêreldwyd ‘n veldtog van vrees by skole. Dit is waarom daar, ook in Suid-Afrika, al meer veldtogte is om boelies te stop.
Hoe weet jy?
Dr. Bev Evangelindes, ‘n opvoedkundige sielkundige, sê daar is ‘n paar tekens dat iemand dalk geboelie word.
“Hulle tree dalk angstig op, hul slaappatroon verander of hulle is meer buierig as gewoonlik,” sê sy.
Ouers en vriende moet nie sommer die tekens laat verby gaan nie.Moet iemand egter nie druk om oop te maak oor wat aangaan nie- skep ‘n geleentheid waarin hy of sy die probleem self met jou sal deel.
Boelies in die nuus
Media 24 het berig oor Megan Boltman (17), ‘n gr.11-leerder aan die Hoërskool Akasia in Pretoria. Sy het haarself in haar kamer opgehang nadat sy glo bydie skool geboelie is. Volgens haar ma het kinders by die skool haar dogter gespot en lelike goed vir haar gesê.
In die Vrystaat het Shantel Scholtz (14), ‘n gr. 8- leerder by die Hoërskool Parys op 1 September van die huis weggeloop. Volksblad berig sy het ‘n briefie gelos om te sê sy loop weg, want die ander kinders bydie skool “terg en spot” haar. Shantel is intussen opgespoor.
In Julie is Melene Potgieter (14), ‘n gr.8-leerder by ‘n skool in Port Elizabet aan die nek gegryp en geslaan. Haar ma het ‘n teen-boelie veldtog, Fighting Giants, begin.
Wat kan jy doen?
Sorg dat almal weet dit is so uncool om iemand te boelie, dat dit die boelies en nié hul slagoffers is, wat uitgestoot word.
So sê die skrywer van It Will Get Better: Finding Your Way Through Teen Issues, Melinda Hutchings. Sy sê skole,beraders, onderwysers en leerders moet die persepsies oor boelies verander. Dr. Bev Evangelides, ‘n opvoedkundige sielkundige by die AdvTech-groep, wat onder meer die Crawford College- privaat skole besit, sê leerlinge wat sien hoe ‘n skoolmaat geboelie word moenie net staan en kyk nie. Meld dit aan by ‘n onderwyser, of skoolberader wat jy kan vertrou sodat iets aan die saak gedoen kan word. As jy die teiken van die boelie is moet jy vashou aan jou mag, sê sy. As die boelie nare goed sê, moet jy nie terugkap met ‘n belediging nie. Kyk hom in die oë en staan jou man, sonder om soos hy op te tree.
Lesers sê op facebook...
Meranda May Harris: “Groepsdruk speel 'n groot rol. Hy/sy wil beter wees as iemand anders. Word miskien groot gemaak met die idee dat hy/sy beter moet wees in alles wat hy/sy doen. Wanneer hulle iemand sien wat beter in iets is as hy/sy, word die persoon afgeknou en gespot. Het ook 'n swak selfbeeld.”
Elrise Dam: “Deur te boelie voel kinders in beheer hulle voel hulle kry n tipe van mag en aansien van ander kinders.En ek stem saam hulle kry soms te min aandag en liefde by hulle huise,ouers ens en om ander te boelie kry hulle weer aandag asook aansien van ander kinders wat hulle op die ou einde laat voel iewers word hulle aanvaar en respekteer al is dit ook by die verkeerde dinge...Daars baie redes.”
Elsabe van Rooyen :“Groepsdruk en die afwesigheid van selfbeeld asook afskeping by die huis deur ouers.Ongeag die rede,geen kind het die reg om ander te boelie nie,selfs al gaan wat ook in sy/haar lewe aan nie,ruil die rolle om en laat die boelie geboelie word.Hoe sal hy/sy voel? ”
Deidre Losper: “Dit kan ook die voorbeeld wees wat in die huis gestel word, hy/sy ma word deur die pa aangerand, kind meen dis ok om dit aan ander te doen want ma aanvaar die aanranding.”
No comments:
Post a Comment